Wiskunde - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Wiskunde

Akademie > Vakke Vervolg

Wiskunde behoort slegs as vak gekies te word indien leerders reeds in Graad 8 & 9 getoon het dat hul oor die nodige wiskundige vaardigheid en aanleg beskik en nie omdat dit die ouer se voorkeur vir sy kind is nie.

Leerders en hul ouers moet hulle reeds in Graad 9 vergewis of Wiskunde as toelatingsvereiste dien vir die rigting waarin die kind wil gaan studeer.

Hiermee die sillabus vanaf graad 10 tot 12. Indien ‘n leerder nie Wiskunde slaag nie, sal Wiskundige Geletterdheid geneem moet word.

Algebra
1. Produkte

2. Faktore: Ontbinding.

3. Algebraïese Breuke.

4. Vergelykings en ongelykhede in
   een onbekende.

5. Formules:
- Oppervlakte en volume van
 reghoekige prismas en
 silinders.
- Substitusie.
- Verandering van die
 onderwerp

6. Funksies:
- Funksiebegrip
- f(x) – notasie
- Defenisie en waardeversameling
- Grafiese voorstelling van die
 lyn, sirkel, semi-sirkel,
 hiperbool en parabool.

7. Stelsel vgls. met twee onbekendes.

8. Eksponente.

Meetkunde

- Eienskappe van die parallelogram   en toepassing daarvan.

- Middelpuntstelling t.o.v. ewewydige lyne.


Trigonometrie
- Definisies van die trigono-
metriese funksies van ‘n hoek
vir die hoek in [0° ; 360°]
sin ?; cos ? en tan ?

- Toepassings van die drie funk-
sies in ‘n reghoekige driehoek.

- Oplos van reghoekige drie-
hoeke.

Algebra
1. Reële getalle.

2. Absolute waarde
- Defenisie.
- Oplos van vergelykings en
 ongelykhede.

3. Kwadratiese vergelykings.

4. Funksies:
- Grafiese voorstelling van
 die parabool absolute waarde.
- Afleidings uit grafieke
- Inverses van die lyn
  y = ax2, xy = k, y -?x?.

5. Linêere programmering
   - Grafiese toepassing.

6. Kwadratiese ongelykhede.

7. Res – en faktorstelling.

8. Stelselvergelykings.

9. Eksponente
- Oplos van vergelykings.
- Verband tussen wortelvorme.
- Rasionalisering van wortelvorme.
- Rasionalisering van wortel.
- Oplos van eenvoudige
 eksponensiale vergelykings
 in een onbekende.

Euklidiese meetkunde

- Sirkelmeetkunde.
- Gemeenskaplike snypunte van lyne.
- Stelling van Pythagoras.

Trigonometrie

1. Uitbreiding van defenisies.

2. Funksiewaardes vir (90° - ?);
   (180° + ?) ; (360° + ?).

3. Grafieke teken en afleidings van
   y = cos ? en y = tan ?.

4. Funksiewaardes vir 0°; 30°; 45° en
hul veelvoude sonder ‘n sakrekenaar.

5. Identiteite.

6. Formules:
- Sinus-, Cosinus en oppervlakte.

- Toepassing van die bostaande
 formules by die oplos van drie hoeke en
 probleme in die twee en
 drie dimensionele vlak


Algebra
1. Logaritmes
- magsfunksie skets en afleiding.
- logaritmiese funksie skets en afleiding.
- eienskappe.
- Eenvoudige vergelykings.
2. Rye en Reekse
- Kenmerke van rekenkundige en
 meetkundige rye.
- ? - notasie
- Berekeninge i.v.m. som tot ‘n terme
 van RR en MR.
- Konvergensie.
- Oplos van probleme m.b.v. bostaande.

Differensiaalrekene

1. Gemiddelde helling.

2. Limiete.

3. Afgeleide van ‘n funksie d.m.v.
- eerste beginsels
- defenisie

4. Differensiasiereëls
- Toepassing
- Vergelykings van raaklyne.
- Skets van 3de – graadse funksies
- Praktiese probleme oor minima,
 maksima en veranderingstempo!

EUKLIDIESE MEETKUNDE

1. Verdeling van ‘n lynstuk (eweredig).
2. Gelykvormigheid.
3. Pythagoras.

Trigonometrie

1. Sinus-, cosinus en tangens funksies
  -skets met fase verskuiwings en
   afleidings daarvan.

2. Saamgestelde en dubbelhoeke.

3. Algemene en spesifieke oplossings
   van vergelykings.

KOÖRDINAATMEETKUNDE

1. Afstand en middelpunte tussen 2
   punte.
2. Die reguitlyn.
3. Die sirkel x2 + y2 = r en
(x – a)2 + (y – b)2 = r
4. Ko-linêere punte.
5. Lokusse van bostaande.
6. Snypunte van lyne en sirkels.


 
Back to content | Back to main menu