Die VCSV is 'n lewendige, dinamiese groeps-aksie by Hoërskool Zwartkop en word deur baie leerders en onderwysers ondersteun. Hier kan ons ons Christenskap by die skool uitleef en aandag gee aan geestelike groei. Ons gebruik die naam ZnC wat staan vir 'Zwarries need Christ'. (ZvC - Zwarries vir Christus)
Ons poog om verskeie aktiwiteite aan te bied soos om bekende sprekers en sanggroepe wat getuienis lewer, uit te nooi en om ons lewens van ganser harte in te stel volgens die Woord.
Ons werk nou saam met die gemeenskap en nooi kerke en geestelike inisiatiewe om by ons in te skakel. Kom wees deel vir 'n ware verskil ten goede, tot eer van die Here.