Sluitkassiebeleid - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Sluitkassiebeleid

Zwarrie Info
 

Leerders mag slegs VOOR SKOOL, TYDENS POUSE of NA SKOOL items in die sluitkassies plaas of uithaal.
Geen WAARDEVOLLE ITEMS mag in die sluitkassies gesit word nie.
Die skool aanvaar GEEN VERANTWOORDELIKHEID vir diefstal uit die sluitkassies nie.
Die huur en hernuwing van huur van sluitkassies sal voortaan by ZWIKIMEDIA gedoen word.
MATRIKULANTE moet voor einde OKTOBER hul sluitkassies ontruim en die sleutels inhandig.
Matrikulante se sluitkassies word gedurende November slegs beskikbaar gestel aan die NUWE GRAAD 8'S van die volgende jaar.
HERNUWINGS: Sluitkassies moet jaarliks vir huidige graad 8 - 11 leerders gedurende NOVEMBER hernu word vir die volgende jaar.
Leerders wat nie hul sluitkassies teen einde November hernu het nie, se sluitkassie-slotte sal geknip word en die inhoud sal verwyder word sodat die sluitkassies aan NUWE HUURDERS BESKIKBAAR GESTEL KAN WORD IN DIE BEGIN VAN DIE VOLGENDE SKOOLJAAR.
In die begin van 'n nuwe skooljaar sal BESKIKBARE SLUITKASSIES aan leerders beskikbaar gestel word wat nog nie 'n sluitkassie het nie, op die basis van die wat eerste betaal, sal eerste gehelp word.
KOSTES VERBONDE AAN HUUR VAN SLUITKASSIES:
  Graad 8-11:   R200 per jaar
  Graad 12 :      R300 (R200 + R100 deposito). Die deposito is terugbetaalbaar nadat die sluitkassie ONTRUIM EN GESLUIT IS en die SLEUTELS AAN ZWIKIMEDIA TERUGBESORG IS.

 
 
Back to content | Back to main menu