Skooldragreëls - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Skooldragreëls

Zwarrie Info
 

Skooldragreëls Dogters

Slegs die voorgeskrewe skooldrag word toegelaat.
Skoene

Swart toeryg leerskoolskoene. Skoensole mag nie dikker as 8mm wees nie en daar mag geen gekleurde stiksel hoegenaamd op die skoen voorkom nie. Die tradisionele skoolskoen met bandjie word ook toegelaat.

Kouse
Slegs voorgeskrewe donkerblou skoolkouse. Kort kouse vir somersdrag. Slegs een maal omgevou en nie opgerol nie. Voorgeskrewe langkouse vir wintersdrag. Geen sykouse is toelaatbaar nie en geen kort kouse mag bo-oor langkouse gedra word nie. By langbroek moet blou skoolkouse gedra word.

Hemp

Somer: ligblou kortmouhemp. Geen langmouhemp nie. Winter: ligblou langmouhemp. Opgerolde moue word nie toegelaat nie.

Das

Gr. 12: winter- en somerdrag word das gedra. Gr. 8-11: winterdrag: Das moet netjies geknoop wees en mag nie los hang nie. Boonste knoop van hemp moet vas wees.
Serp
Slegs, vlootblou serpe mag gedra word.

Sport- en L.O.-drag
Slegs voorgeskrewe drag. Geen afwykings word toegelaat nie.

Trui
Slegs voorgeskrewe donkerblou langmouskooltrui of oortrektrui, verkrygbaar by die leweransiers. Moue mag nie opgeskuif word nie. Trui mag nie om die middellyf of skouers geknoop word nie en onder geen omstandighede is 'n te groot of uitgerekte trui toelaatbaar nie.

Romp

Donkerblou. Lengte in knielposisie maksimum tot op grond en minimum 10 cm bokant grond. Rompe mag nie in die middel omgevou word nie.

Langbroek

Donkerblou voorgeskrewe langbroeke soos beskikbaar by Leweransiers. Pype mag nie afgestik word nie.

Haarstyle
Hare moet netjies wees.  Hare wat oor krag hang moet vasgemaak of gesny word. Slegs donkerblou, rooi, wit of bruin  knippies / kammetjies of donkerblou linte mag gebruik word om hare vas te maak. Boskasies, frantshaarstyle, gespuite en gepluisde hare word nie toegelaat nie.Hare
mag nie onnatuurlik gekleur word nie. Kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie. Indien hare in nek vasgemaak word, mag rekke nie onder kraagrand wees nie.  Haarstyle wat  studie belemmer, word nie toegelaat nie.  Lang hare mag nie net met knippies bo gehou word nie.

Algemeen
Geen hangertjies of armbande word toegelaat nie (mediese hangertjie uitgesonder). Een goue/silwer seëlring word toegelaat en mag slegs aan die ring- of middelvinger gedra word. Een stel goue/silwer knoppie- of ringetjie oorbelle word toegelaat. Ringetjie se deursnee mag nie groter as 1,8cm wees en geen knoppie met stene of patrone word toegelaat nie. Oorbelle mag slegs in onderste gaatjies gedra word. Slegs amptelike skoolwapens en balkies mag aan lapel gedra word (bv. klasleier, ens.) Naels moet kort en skoon wees en nie verby vingerpunte steek nie. Geen naellak of grimering word toegelaat nie. Geen sierhorlosies mag gedrag word nie.

Geleentheidsdrag

By alle geleenthede waar leerders die skool verteenwoordig of as 'n groep funksies bywoon, word geleentheidsdrag gedra: lang kouse, baadjie en das.


Leweransiers
Maretha's - Clubsentrum - Clubview
Wierdapark Uitrusters


 
 

Skooldragreëls Seuns

Slegs die voorgeskrewe skooldrag word toegelaat.
Skoene
Swart toeryg leerskoolskoen. Skoensole mag nie dikker as 8mm wees nie en daar mag geen gekleurde stiksel hoegenaamd op die skoen voorkom nie. Geen stewels mag gedra word nie. Die veters moet vas wees.

Kouse
Slegs voorgeskrewe grys skoolkouse met strepies op die omslag.By langbroeke mag slegs grys skoolkouse gedra word.

Hemp
Somer: Voorgeskrewe ligblou kortmou hemp.  Opgerolde moue word nie toegelaat nie. Geen dasse.Boonste knoop moet los wees.
Winter: ligblou langmouhemp. Hemp moet altyd ingesteek wees.

Das
Voorgeskrewe skooldas.Das moet netjies geknoop wees en mag nie los hang nie.Boonste knoop van hemp moet vas wees.Graad 12 leerlinge moet heel jaar die graad 12 das dra.

Broeke
Somersdrag: Grys kort of langbroek.Langbroeke se pype mag nie nou of  losgetorring wees nie. Wintersdrag:  Grys langbroek.  Voorgeskrewe kouse ook by langbroek verpligtend. Broeke mag nie op heupe hang nie.

T-hempies
Mag nie onder die skoolhemp gedra word indien dit by die nek of moue uitsteek nie.

Sport- en L.O.-drag
Slegs voorgeskrewe drag. Geen afwykings word toegelaat nie.

Trui

Slegs voorgeskrewe langmouskooltrui of oortrektrui soos verkrygbaar by leweransiers. Moue mag nie opgeskuif word nie.  Geen afwykkings met betrekking tot die kleur van die trui word toegelaat nie.  Die trui mag nie om die skouers gehang of om die middel gebind word nie.

Lyfband
Slegs swart of bruin.Die dra van 'n lyfband is verpligtend.

Serpe
Slegs vlootblou serpe mag gedra word. geen afwykings word toegelaat nie.

Haarstyle
Die hare moet kort wees om die ore en mag nie oor die ore gekam word nie. Die hare moet skoon en netjies vertoon. Geen haarstileermiddels mag gebruik word nie. Slegs tradisionele haarsnit word toegelaat. Geen "steps" word toegelaat nie. Hare mag nie gekleur word nie. Aan die agterkant mag die hare nie aan die kraag raak nie. Verder moet die hare egalig geskeer wees (boskasies word nie toegelaat nie). Bakkebaarde mag nie langer wees as gelyk met die middel van die oor nie. Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak as dit vorentoe gekam word nie. Baarde en snorre is ontoelaatbaar.

Algemeen
Geen ander kledingstukke behalwe amptelike skooldrag mag sigbaar gedra word nie.
Geen ringe, hangertjies of armbande word toegelaat nie (mediese hangertjies uitgesonder).
Slegs amptelike skoolwapens en balkies mag aan lapelle gedra word (bv. klasleier, ens.).  
Skoolbaadjie
'n Donkerblou skoolbaadjie is opsioneel.  Geen ander baadjies of Drimac word toegelaat nie.

Geleentheidsdrag
By alle geleenthede waar leerders die skool verteenwoordig of as groep funksies bywoon, word geleentheidsdrag gedra:langbroek, baadjie en das.

Leweransiers
Maretha's - Clubsentrum - Clubview
Wierdapark Uitrusters


 
Back to content | Back to main menu