Main menu
SAGTEBAL
Sagtebal is 'n dogterssport vir die derde kwartaal. Daar word sewe spanne vir die liga ingeskryf en die spanne word ingedeel volgens die ouderdomsgroepe o/14 A1 en A2, o/15 A1 en A2, o/16 A1 en A2, en o/19 A1 en A2. Ons skool streef daarna om ook in hierdie sportsoort te presteer deur van uiters bekwame afrigters gebruik te maak en ook jaarliks 'n kursus vir voornemende sagtabalspelers aan te bied.
Zwarries kan ook met trots sê dat daar elke jaar 'n provinsiale speler of twee uit ons skool aangewys word!