Rugby - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Rugby

Sport
 
 
 

Ongeveer vyftien spanne word jaarliks ingeskryf in die Groot Skole-kompetisie van die Blou Bulle liga.  Zwartkop is ook vanaf 2003 deel van die PUK Prestige Sportreeks wat dien as voorbereiding van die liga.  Zwartkop is trots om te kan sê dat sy rugby jaarliks onder die top skole in die kompetisie eindig. Zwartkop beskik oor drie standaardgrootte rugbyvelde, twee skrummasjiene en spreiligte op die A-veld. In 2010 het Zwartkop die toekenning as die 4de beste Rugby skool in die Blou Bul liga ontvang. In 2011 wen Zwartkop se 1e rugbyspan die PUK reeks en vorder tot in die kwart - finaal van die Beeld trofee van Makro - skole.  Verskei spelers is opgeneem in verteenwoordigende spanne by die Blou Bulle met 2 spelers wat uitsonderlik presteer het,  nl. Timothy Nhlapo (Blou Bul o/18 Cravenweek span, en Viandrè Delport (o/18 Cravenweek 7's).

Oor die jare het Zwarries op die rugbyveld besondere prestasies gelewer:
- Die eerste span het al by twee geleenthede die stadsbeker verower.
- Van die 0/14 A's tot die Eerstespan het al by twee geleenthede in die semi-finaal van die stads-beker gespeel - die meeste spanne deur 'n skool in die semi-finaal.  In 2010 het die 0/15A sowel as die 0/16A in die kwarteind Rondte van die Beeld Trofee gespeel.
- Toere na die buiteland is al onderneem na Brittanje, Nieu-Seeland en Namibië. Gedurende die April vakansie gaan Zwarries met 5 spanne
'n unieke kliniek, die eerste van sy soort, vir die spelers tuis aangebied.

Marius Delport word in 2002 en 2003 gekies vir die 0/18 Blou Bulle Cravenweekspan.  Marius word ook verkies tot lid van die 0/19 Rugby Wêreldbeker span wat die kompetisie in Frankryk wen.  In 2003 word Marius ook gekies vir die SA skole rugbyspan.  Hy word weer ingesluit indie 0/19 Rugby Wêreldbekerspan wat gaan deelneem aan die toernooi wat in Maart 2004 in Durban afskop.

Christo Bezuidenhout - 'n Oud-Zwarrie - word in 2003 gekies as lid van die Springbok Rugby Wêreld-bekerspan vir die toernooi in Australië.

Zwartkop het 'n baie bekwame afrigting korps en maak gebruik van kundige buite afrigters soos bv.
Neels Liebel wat 2011 die kondisioneringsafrigter by die Bokke was en Mnr. Fielies Coetzee wat tans die Cravenweek 7's sowel as die Snr Bulle 7's afrigter is. Mnr. Fielies Coetzee is ook die Varsity Cup hulp afrigter vir 2012 en 'n volbloed Zwarrie onderwyser.

Rugby by Zwartkop gaan van krag tot krag en is 'n moet vir enige seun wat in die sport wil uitblink.

 
Back to content | Back to main menu