2011 beloof om die Revue-jaar te wees wat Zwartkop se hartklop soos 'n drom gaan laat dawer. Die uitdaging, die spanning, die oefen… Die dans, sing en toneel… Die onblusbare gees, lag, samesyn, vasbyt… Die onvergeetlike ervaring en herinneringe van 'n Zwarrie revue mag net nie misgeloop word nie! Oudisies begin reeds in Februarie 2011.
In hierdie skool kan jy proe aan kultuur voor of agter die skerms. Met alle aspekte van 'n volbloed verhoogproduksie - onder meer tegnies, ontwerp, verhoogbestuur, kostuums, dwarsdeur tot by rolspelers en ekstras, ontdek jy dalk 'n maatemmertalent wat jou gees en siel verryk en vreugde bring vir baie mense.
By Zwartkop word talente gesien as gawes wat gebou en gedeel kan word tot eer van die Here.