Main menu
In die hedendaagse lewe is dit nie altyd vir almal moontlik om verdere studies te bekostig nie. Rekenaartik bied nou die geleentheid vir elke leerling om reeds met die basiese rekenaarvaardighede die toekoms en die privaatpraktyk in te gaan.
Rekenaartoepassingstegnologie word reeds vanaf graad 8 geneem waar hul vaardigheid op die sleutelbord aanleer ter voorbereiding vir verdere rekenaarprogramme wat dan vanaf graad 10 geneem word.
Rekenaartoepassingstegnologie bevorder rekenaarvaardighede. Nie net word die leerder toegerus met die nuutste woordverwerkingspakkette nie, maar word ook bekend gestel aan programme soos Excell en Access.
DOELSTELLINGS:
eerstens om sleutelbordvaardighede aan te leer.
om spoed en akkuraatheid te bevorder.
om die leerders bekend te stel aan rekenaarterminologie.
om leerders voor te berei vir die gebruik van die betrokke pakette in die privaatpraktyk.
Rekenaartoepassingstegnologie gaan die leerder help om die beeld van sy / haar onderneming uit te dra met hoë kwaliteit korrespondensie en effektiewe rekenaargebruik.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Wat beroepsmoontlikhede betref, is hierdie vak uitstekende voorbereiding vir die sekretariële bedryf.