Noodhulpdiens by Zwarries is van hoogstaande gehalte. Die noodhulpspan het almal minstens hulle vlak 2-sertifikate en doen diens onder die wakende oog van 'n professionele noodhulpmaatskappy. So word die leerders altyd oplettendheid en verantwoordelikheid op die hart gedruk. Diens is vrywillig en word by alle sportbyeenkomste gedoen.
Noodhelpers wat hulle medemens op die hart dra kan deur hulle onbaatsugtige diens diensbalkies, kleure en erekleure vir noodhulp verdien.