Netbal - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Netbal

Sport

Hoekom hardloop ons heen en weer, dag na dag?  Hoekom oefen ons so hard dat jy jou hart in jou bors voel klop terwyl jou longe na asem smag?  Laat middae, vroeë oggende, Vrydae en soms Saterdae.  Seer bene, stywe spiere, moeë voete.  Ons hardloop deur dit als.  Ons leef vir die adrenalien, netbal maak ons vry.  Op die baan is ons koning, 'n perfekte doel laat ons lag.  Die geluid van tekkies op die baan, die gevoel van die bal in ons hande is die ritme waarvoor ons leef.  Want dit is moontlik om vinnig genoeg te hardloop, hoog genoeg te spring om al jou bekommernisse agter te laat.  Sweet is die parfuum van ons prestasie.  Hoekom?  Hoekom sal jy jouself so hard druk?  Dis nie vir geld en verseker nie vir fame.  Ons doen dit want ons love dit.  Ons love die game!

Die skool beksik oor 'n groot verskeidenheid apparaat en uiters bekwame afrigters om basiese vaardighede asook strategiese en taktiese spel vas te lê en spog ook met 4 sintetiese bane.  Zwartkop neem jaarliks ook deel aan die Puk Prestige-reeks asook die Groot skole liga.  Al die Zwarrie A en B spanne toer in 2011 gedurende die Maart/April vakansie na Potchefstroom.

Zwarries netbal is 'n familie wat bestaan uit 15 spanne en 13 afrigters wat almal bereid is om die "me" te verruil vir die "we".




 
Back to content | Back to main menu