Natuurklub - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Natuurklub

Sosiaal

Hoërskool Zwartkop se Natuurklub bied geleenthede op die gebiede van natuurbewaring, sosialisering, avontuurbelewing, geloofsversterking en leierskapsontwikkeling.
Ons is betrokke is by natuurbewarings-aksies, bevorder gemeenskapsbetrokkenheid in die omgewing en wakker 'n liefde en waardering vir God se skepping onder ons leerders aan.             
Die natuurklub is vir almal wat hou van staptoere, kampe, sosiale byeenkomste en avontuur, terwyl ons harte op die regte plek sit vir die welstand van ons planeet.  


Die volgende  aktiwiteite is al in die verlede aangebied:
Ken-mekaar
Staptoere: ten minste twee per  jaar (2-Dag en 3-Dag  staproetes)
Avontuurkamp gedurende September
Video’s en films
Dieretuinbesoeke

Ander opvoedkundige uitstappies soos boomidentifikasie, identifisering van voëlsoorte, bekamping van besoedeling in die omgewing ens. verbreed ons kennis.  Dit is egter ook ‘n buitemuurse aktiwiteit waarin die leerlinge dienssertifikate kan verwerf.

 
Back to content | Back to main menu