Musiek - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Musiek

Akademie > Vakke Vervolg

DEFINISIE
Musiek is georganiseerde klank. Musiek weerspieël die intellektuele, emosionele en spirituele aspekte van die mens. Dit is ‘n kunsvorm wat dikwels saam met ander kunsvorme soos poësie en dans voorkom en dikwels deur die tegnologie aangehelp word. Dit het die vermoë om ‘n wye verskeidenheid van historiese, kulturele en sosio-ekonomiese beginsels weer te gee. Musiek beskik oor die mag om groepe te verenig, om die gemeenskap aan te spoor tot algemene verbetering van lewenskwaliteit, sosiale genesing en bevestiging van die menslike waardigheid.

DOEL
Musiek behels die bestudering van uitvoeringstegniek, styl, kritiese beluistering, vorm, teorie, interpretasie en geskiedenis. Musiek gee leerders geleentheid om te kommunikeer deur op te tree en te skep. Musiek dra by tot die holistiese ontwikkeling van die leerder – dit ontwikkel kreatiewe, vertolkings en analitiese vaardighede. Sodoende word persoonlike groei bevorder. Musikante is sleutelfigure in die ontwikkeling van die musiekbedryf in Suid-Afrika wat bydra tot die ekonomie.

Spesifieke doelstellings van musiek as vak is:
Skep ‘n waardering vir alle diverse Suid-Afrikaanse en Internasionale musiekpraktyke.
Dra by tot die skep van ‘n nasionale musikale erfenis.
Leerders word toegerus om musiek van regoor die wêreld te verstaan.
Leerders ontwikkel musikale vaardighede van wêreldklas gehalte.
Leerders word aangemoedig om inheemse musiek op te voer en na te vors.
Leerders word toegerus en aangemoedig om ‘n sinvolle bydrae tot die musiekbedryf te lewer.
Leerders kry ‘n platform om uiting te gee aan sosiale, persoonlike, omgewings en menslike regte aspekte.
Leerders word toegerus om tegnologie te gebruik in die kreatiewe proses.
Entrepreneurskap word aangemoedig en vaardighede word ontwikkel.

LEERUIKOMSTE
Uitkoms 1 : Die leerder is daartoe in staat om ‘n wye verskeidenheid van musiek uit te voer en te interpreteer.
Uitkoms 2 : Die leerder is daartoe in staat om kennis toe te pas om sodoende musikale idees te weerspieël deur eie komposisies, verwerkings en improvisasies.
Uitkoms 3 : Die leerder is daartoe in staat om kennis toe te pas en gepaste teoretiese kennis te gebruik om ‘n wye
verskeidenheid van musiek te lees, skryf en te ontleed.
Uitkoms 4 : Die leerder is daartoe is staat om alle musiek krities te kan navors en bespreek in terme van historiese, kulturele, sosio- ekonomiese en ander verwante aspekte daarvan.

POTENSIËLE BEROEPE:

Die toegeruste leerder sal oor die vermoë beskik om as musikant ‘n sinvolle bydrae tot die plaaslike en internasionale musiekbedryf te lewer.


 
Back to content | Back to main menu