Main menu
MNR & MEJ ZWARTKOP
Oktobermaand…spogtyd…glans en swier!
In Zwarrieland is almal in rep en roer, want daar word weereens gesoek na ons eie Mnr en Mej. Zwarrie!
Uit 90 inskrywings moet daar aan die einde net 10 seuns en 10 meisies gekies word. Om die gunstelinge te kan kies, word daar onderhoude gehou, borge ingesamel en semi-
Dan…die kroning! Wat 'n genotvolle aand. 'n Hele vertoning word aangebied deur die finaliste, waarna meisies asemrowende aandrokke vertoon van Jozeph Anker en Ciska Barnard.
Natuurlik is dit die opwinding en eer daarvan om deel te neem aan die kompetisie, wat die finaliste laat oefen en borge insamel. 'n Groot dankie vir hul harde werk, is egter die pryse (± R50 000) wat onder die wenners, naaswenners en ander finaliste verdeel word. Daar word elke jaar met opgehoue asems uitgesien na nog 'n spoggeleentheid!
Maar na die groot kroning is alles nie verby nie. Dan raak die finaliste betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies en ploeg so terug in die skool se gemeenskap.
MNR. & MEJ. ZWARRIE 2011
Mnr. Persoonlikheid : Daniel van der Spuy
Mej. Persoonlikheid : Carla-
Mnr. Fotogenies : Viandré Delport
Mej. Fotogenies : Chanté Retief
2de Prins : Viandré Deport
2de Prinses : Chanté Retief
1ste Prins : J.D. Makkink
1ste Prinses : Charissa Dickinson
Mnr. Zwarrie 2011 : Nicolaas Joubert
Mej. Zwarrie 2011 : Tamsin Strapp