Main menu
Gee jy baie om vir ander mense? As jy dit nie oor jou hart kan kry om mense in nood aan hulle eie lot oor te laat nie, is jy die regte persoon vir ons liefdadigheidskomitee. Ons omskep omgee in dade -
Daar word ook jaarliks 'n liefdadigheidsprojek geloots. Die doel hiervan is om verskillende behoeftige instansies of selfs individue te help. Ons leerders leer ook hierdeur om die vreugde van gee te ervaar. Ons raak betrokke en bring komberse, blikkieskos, klere en enigiets bruikbaar skool toe om uitgedeel te word waar dit die nodigste is.