Lewensoriëntering - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Lewensoriëntering

Akademie > Vakke Vervolg

Die woord lewensoriëntering omvat die kern van wat hierdie leerarea poog om te bereik.  Dit gee leiding aan leerders en rus hulle toe vir ‘n suksesvolle en betekenisvolle lewe in ‘n snelveranderende lewe.

Die Lewensoriënteringleerarea staan sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders.  Dit is gemoeid met leerders se sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele, geestelike en liggaamlike groei en met die interaktiewe verband tussen hierdie fasette.

Die doel van Lewensoriëntering in Hoërskool Zwartkop is om leerders te bemagtig om hul talente te gebruik om hul volle liggaamlike, geestelike, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te verwesentlik.  Leerders ontwikkel in hierdie leerarea die vaardighede om positiewe interaksie te voer en ‘n bydrae tot die gesin, familie, gemeenskap en samelewing te lewer, terwyl hulle die waardes wat in die grondwet vervat word, uitleef.


 
Back to content | Back to main menu