Landloop - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Landloop

Sport

HOËRSKOOL ZWARTKOP SE LANDLOOPSPAN - ROOM VAN DIE SKOOL SE ATLETIEKTROTS

In Hoërskool Zwartkop glo ons wanneer dit by landloop kom, in die ABC benadering - ANYBODY CAN. Atlete met geen atletiekagtergrond vanuit die laerskool, het al as Zwarrie-atlete ontwikkel as atlete wat tot op Nasionale vlak skitterend presteer het. Die landloopatlete van Hoërskool Zwartkop is 'n gemotiveerde en gedissiplineerde groep atlete wat 'n strawwe oefenprogram volg. Daar word ook elke jaar 'n oefenkamp gedurende die Julie skoolvakansie gehou. Hierdie oefenkampe vind gewoonlik by die kus plaas. Die doel van die oefenkamp is enersyds om goeie spangees onder die atlete te bou, maar andersyds om elke atleet die kans te gee om homself of haarself voor te berei vir die hoogseisoen van die landloop wat na die Julievakansie volg. Gedurende die oefenkamp word daar ook teoretiese lesings aangebied en word onderwerpe soos sportbeserings, diëte, oefenprogramme en doelwitformulering bespreek. Uiteindelik word daar by Hoërskool Zwartkop sorg gedra dat elke landloopatleet nie net fisies fiks word nie, maar dat daar waarde toegevoeg word tot elke atleet se mondering as mens sodat hy/sy as 'n goed gebalanseerde jongmens die skool verlaat.

Hoërskool Zwartkop is die toplandloopskool in Centurion en een van die toonaangewende skole in Pretoria. Die afgelope agt jaar het Hoërskool Zwartkop agtereenvolgens met ten minste een van die vier trofees weggestap vir een van ons ouderdomsgroepe wat die liga uit 34 skole gewen het. Ons is ook al die afgelope 16 jaar die gasheerskool vir die aanbied van die eerste jaarlikse ligabyeenkoms.

Zwarries se landloop is tops!




 
Back to content | Back to main menu