Main menu
ZWARTKOP SE KRIEKET KOOK
By Zwarrieland is Krieket vir ons n prioriteit en is ons doelwit om ons te vestig as een van die top Krieketspelende skole in Pretoria. Ons kan met trots aankondig dat ons daarin geslaag het om die dienste van André Nel te bekom, voormalige Proteaspeler. André is ons nuwe binneshuise krieketsentrumbestuurder en is ook elke middag vanaf 14h00 -
Ons 1e span word afgerig deur mnr Henk Klopper, wat homself reeds bewys het as 'n top afrigter. HenkI kan reeds op 'n jong ouderdom met n vlak 2 afrigtersertifikaat spog.
Mnr Kevin Jackson, iemand wat self verteenwoordigende krieket gespeel het, is ons Krieketorganiseerder en is ook voltyds betrokke by afrigting.
Ons is trots om te kan noem dat ons oor van die heel beste fasiliteite in Pretoria het:
Een van die modernste binneshuise krieketsentrums.
Krieketvelde met turfkolfblaaie.
Oefennette wat opgegradeer is en aan die hedendaagse eise voldoen.
Verder word Krieket as 'n vak, met 'n teoretiese en 'n praktiese komponent aangebied in graad 8 en 9.
Ons speel met 7 spanne in die liga -
Ons woon met van ons spanne ook klinieke en afrigtingskursusse gedurende vakansies by en het ons ook in 2011 begin om van ons spanne op toere te neem waar ons wedstryde teen ou tradisionele krieketskole speel .
Ons nooi u uit om deel te word van Zwarrie Krieket en om ons Krieket na 'n nuwe vlak te neem.