Main menu
Wie is die Junior Stadsraad van Pretoria?
Die Junior Stadsraad van Pretoria is ‘n jeugaksie met ‘n Christelike karakter en tree op in belang van die jeug van Tshwane.
Die Junior Stadsraad van Pretoria is 'n jeugaksie met 'n Christelike karakter en tree op in belang van die jeug van Tshwane. 41 skole reg oor Pretoria met twee verteenwoordigers elk, word verteenwoordig op die raad. Die organisasie word dus gelei deur 82 skoliere ,verdeel in 7 komitees, nl: Ampsdraers, Kultuur, Sport, Vitae, Jeug, Gemeenskap en Bewaring.
Elke jaar word 'n nuwe verteenwoordiger uit graad 10 gekies om die skool te verteenwoordig. Hierdie verkose lid moet 'n ampstermyn van 2 jaar voltooi en tree in Junie as graad 12 leerder uit. Tydens die twee jaar ampstermyn is die lede verantwoordelik om aksies in en om Pretoria te reël vir die jeug. Fondse wat tydens enige funksie ingesamel word, word geskenk aan liefdadigheidsorganisies in Tshwane.
Hoërskool Zwartkop is reeds 'n paar jaar betokke by die Junior Stadsraad en het al verskeie voorsitters van die bogenoemde komitees opgelewer.
JUMARI KOCK -
Wat doen die Junior Stadsraad van Pretoria?
Die doel is om fondse in te samel vir liefdadigheidsorganisasies.
Die fondse word ingesamel deur projekte wat georganiseer word deur die vyf komitees van die Junior Stadsraad.
Die projekte sluit onder andere die volgende in:
Skoonheidskompetisie -
Algemene kennis kompetisie
Die Jeugbal
Kuns en dramakompetisie
Gholfdag
Wat meer belangrik is as om geld in te samel, is om ‘n geleentheid te skep waar die jeug van Pretoria bymekaarkom.
Tydens die projekte kry jongmense van verskillende skole van Pretoria die geleentheid om:
Pret te hê!
Nuwe kinders van verskillende skole te leer ken.
Gesonde kompetisie tussen skole aan te moedig.
Leerders van die skole wat op die Junior Stadsraad dien, doen baie ondervinding op deur die organisering en bestuur van projekte waarby hulle betrokke is.
Raadslede leer ook hoe om by formele funksies op te tree en maak lewenslange vriende!
Om op die Junior Stadsraad te kan dien is ‘n eer en ‘n voorreg.