Main menu
(GR 10 – 12)
INLEIDING:
Hierdie vak fokus op aktiwiteite wat te doen het met die oplos van probleme deur logiese denke, informasie bestuur en kommunikasie. Dit fokus ook op die ontwikkeling van rekenaarprogramme en ‘n begrip van die sosiale, ekonomiese en ander implikasies van rekenaartegnologie.
DOEL:
Inligtingstegnologie sal leerders instaat stel om sekere programme te gebruik. Dit stel leerders ook instaat om moderne programmeringdenkwyses toe te pas. IT benodig leerders om hierdie kennis toe te pas in hulle daaglikse lewe, werk en gemeenskappe. Hierdie doel sal bereik word deur leerders toe te laat om:
begrip te toon van konsepte, grondbeginsels en kennis van rekenaars en rekenaarprogramme in verskeie onderafdelings.
begrip te toon van die impak wat rekenaars het op die bestuur van natuurlike hulpbronne, kulturele waardes en sosio-
die impak van rekenaars op sosiale, ekonomiese en politieke vlak te analiseer.
bevoeg te werk in ‘n dinamiese, gerekenariseerde, omgewing. Dit sluit in:
effektiewe kommunikasie
probleem oplossingstrategieë
spanwerk
verantwoordelike gebruik van tegnologie
akkuraatheid
bevoegtheid te ontwikkel in die gebruik van rekenaars vir bestuur en kritiese interpretering van informasie.
die wyse waarop die kreatiewe gebruike van rekenaartegnologie menslike interaksie bevorder, te demonstreer.
bevoegtheid te wys in die selektering van opstelling van rekenaarprogramme, hardeware en media om oorspronklike oplossings te ontdek en te kommunikeer na alle afdelings van die gemeenskap.
goed-
hulle voor te berei vir ‘n loopbaan, tersiëre opvoeding en lewenslange opvoeding en om effektief te leef in ‘n gerekenaariseerde gemeenskap.
IN DIE VAK INLIGTINGSTEGNOLOGIE WORD DIE VOLGENDE VELDE GEDEK:
Algoritme ontwerp.
Beroepsmoontlikhede.
Gevallestudies.
Rekenaarargitektuur en eenhede (hardeware).
Databasisontwikkeling.
E-
Toekomstige Ontwikkelings.
Inligtingbestuur.
Netwerkbeginsels.
Probleemstelling en Oplossing (Projekte).
Programmering (sluit databasis navrae in . . .).
Sosiale, ekonomiese, etiese en menslike rekenaarinteraksies.
Sigblaaie.
Stelselsagteware.
Toetsing.
Gebruikerskoppelvlakke
Webwerfontwerp.
STUDIEVELDE:
1. Inligtingstegnologie dek ‘n wye area van studievelde wat om die volgende wentel:
1.1 Tegnologie en die Gemeenskap
1.2 Tegnologievaardighede, kennis en begrippe.
1.3 Inligting en Kommunikasietegnologie
2. Inligtingstegnologie lê die basis vir die volgende studievelde:
2.1 Rekenaarwetenskap
2.2 Inligtingstelsels
2.3 Rekenaarwetenskap Opvoedkunde
2.4 Besigheids Inligtingstelsels
2.5 Bio-
2.6 Informatika
2.7 Geografiese inligtingstelsels
2.8 Inligtingtegnologie
2.9 Finansiële Inligtingstelsels
2.10 Rekenaaringenieurswese
MOONTLIKE BEROEPE:
Inligtingsisteem en tegnologiese bestuurder.
Programmering en sisteemontwikkelaar.
Datakommunikasie en netwerkspesialis.
Apparatuur en Programmatuurondersteuningspesialis.
Rekenaar-
IT opvoeder of opleidingsbeampte.
IT verkope direkteur.
Telekommunikasie-
Finansiële en aktuariële spesialis.