Ingenieursgrafika en -Ontwerp - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Ingenieursgrafika en -Ontwerp

Akademie > Vakke

HOEKOM HIERDIE VAK KIES?

Hierdie vak staan sterk op driedimensionele insig en roem daarop om kreatiewe vaardighede te ontwikkel. Andere maniere van dink en dinge insien is vaardighede wat ook ontwikkel.

DOELSTELLINGS VAN DIE VAK
Om basiese tekenvaardighede daar te stel en te standaardiseer volgens die SABS tekenkode.
Om basiese tekenbegrippe en terminologie daar te stel.
Om beginsels van beplanning en ontwerp by die leerlinge in te skerp.
Om huisplanne te kan lees en verstaan.
Om planne wat geteken word op ‘n manier weer te gee sodat die eindproduk aan internasionale standaarde voldoen en die produk sodoende vervaardig kan word.

SILLABUSINHOUD
Graad 8 - Basiese tekenvaardighede en standarisering.
Graad 9 - Basiese tekenvaardighede en standarisering asook ‘n wyer bekendstelling van die tekenwêreld.
Graad 10 –12 - Masjientekene, Isometrie, Perspektief, Beskrywende Meetkunde, elektries,pypverbindings en boukonstruksie. Gebruik van die CAD tekenprogram.
Voorafgedrukte lêers met die hele jaar se werk word gebruik.

BEROEPSMOONTLIKHEDE
Hierdie is ‘n praktykgerigte vak vir entrepreneurs en ingenieurs ens.

VEREISTES
In die algemeen word bo-gemiddelde akademiese prestasies vereis voordat Tegniese Tekene geneem kan word – veral bo-gemiddelde punte in Wiskunde en Natuur- en Skeikunde!


 
Back to content | Back to main menu