Geskiedenis - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Geskiedenis

Akademie > Vakke

Geskiedenis is ‘n vak wat jou menswees beïnvloed. ‘n Beroep word vir ongeveer 40 jaar beoefen – maar jy gaan tot die dag van jou dood, lewe as ‘n MENS!

Daarom, om jou toe te rus om as MENS voluit te lewe, is ‘n deeglike agtergrond in die menslike geskiedenis baie belangrik. Die waarde van Geskiedenis kan kortliks as volg uiteengesit word:

AS MENS-WETENSKAP
a. ‘n Wye algemene kennis. Dit stel jou in staat om die wêreld waarin jy leef, te verstaan. Dit leer jou om vir jouself te dink – en nie net ‘n na-prater te wees nie!
b. Dit gee jou perspektief op vandag se gebeure en ook die toekoms – jy kan dus vandag se situasie in die wêreld verstaan.
c. Dit help ons om veranderinge te hanteer – want ons moet weet waarom en hoe veranderinge plaasvind.
d. ‘n Studie van Geskiedenis verduidelik hoe die identiteit van nasies gevorm word. Dit lei tot ‘n gevoel van trots vir jou eie, maar ook respek vir ander nasies!
e. Begrip vir ander nasies gee ook insig in die uniekheid van menslike optredes.
f. Dit is ‘n heerlike vak om te GENIET!!! Dink hoeveel meer geniet ‘n mens flieks soos Master and Commander, Pearl Harbor, Schindler’s List, The Pianist . . . as jy die geskiedenis van die tydperk ken!!

AS AKADEMIESE VAK


‘n Wye reeks intellektuele en praktiese vaardighede word in hierdie vak ontwikkel. Hierdie vaardighede is belangrik in die beoefening van feitlik alle beroepe!
Die belangrikste vaardigheid is die ontwikkeling van jou kritiese denke. Bronnestudies word gedoen sodat verskillende standpunte ingesien kan word en daarna kan jy jou eie mening vorm. Om vooroordeel (partydigheid) in dokumente, spotprente en koerantberigte raak te sien – ‘n belangrike skakel in die ontwikkeling van jou kritiese denke!!
Navorsingstegnieke. Die vind en verwerking van bewyse, evaluering van dokumente en seleksie van belangrike inligting. Hierdie vaardigheid word in die meeste beroepe beoefen.
Om logies te redeneer, om probleme te identifiseer en oplossings te soek!
Om verskillende standpunte te respekteer en ‘n eie standpunt te vorm.
Skryfvaardighede: Om ‘n goeie skryfstyl te ontwikkel, ‘n goeie argument in ‘n opstel te formuleer en uit te bou.
Studiemetodes wat in Geskiedenis aangeleer word, word deur studente wat reeds op universiteit is, waardeer en hulle verklaar graag dat hulle so bly is hulle het Geskiedenis as ‘n vak geneem!
Geskiedenis verryk die studie van ander vakke, soos bv.
Engelse / Afrikaanse letterkunde
Geografie
Ekonomie / Besigheidstudie
Toerisme – van onskatbare waarde!
Kunste
Gasvryheidstudie

GESKIEDENIS EN DIE BEROEPSWêRELD

Geskiedenis berei jou voor vir ‘n verskeidenheid beroepe, byvoorbeeld:
Regsprofessie: advokaat / prokureur
Menslike hulpbronne: Jeugleiers, ens.
Sielkunde
Toerisme
Politiek
Besigheid
Staatsdiens
Erfenis-sektor (museums, argiewe)
Joernalistiek
Argeologie
Biblioteke
Strategiese beplanners
Ingenieurs
Mediese beroep

“History is the record of everything that has ever happened to anyone, anywhere. If you are not interested in history, there is something wrong with you!”

John D Clare


 
Back to content | Back to main menu