Gasvryheidstudies - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Gasvryheidstudies

Akademie > Vakke

HOTELHOUDING & SPYSENIERING

Hoërskool Zwartkop het ‘n unieke en enig in sy soort restaurant. Leerders gaan hier geleentheid kry om praktiese vaardighede van die restaurantbedryf te beoefen van Chef d’Cuizine tot Maître d’Hotel.

Doel:
Om leerders vakkundig so toe te rus dat hulle in staat sal wees om ‘n beroep in die gasvryheidsbedryf suksesvol te kan beoefen.

Toelatingsvereistes:
Hoewel daar geen spesifieke vereistes is nie, word klasgetalle so bepaal dat elke leerder opdragte funksioneel kan uitvoer.

Spesiale vereistes:
Addisionele fooi vir praktiese aktiwiteite wat jaarliks betaalbaar is. Chefsklere moet aangeskaf word:

Gr. 8 – 9: Chefshoed en –voorskoot.
Gr. 10 – 12: Chefsbaadjie, -broek, halwe wit voorskot en tekkies.
Chefsdrag kan vanaf Januarie tot einde Februarie by vakpersoneel bestel word.

Kelnerdrag:
Gr. 10 – 12 – bestaande uit ‘n wit langmou skoolhemp, strikdas, skoolskoene en ‘n swart langbroek vir die seuns en ‘n swart knie-lengte romp met sykouse vir die dogters.

Benaderingswyse:
Die vak bestaan uit ‘n teoretiese en praktiese komponent. Eksaminering vind in albei komponente plaas. Fasiliteerders gaan gereeld op kursusse om met die nuutste tendense in die bedryf op hoogte te bly. Die benadering is professioneel en markgerig waar leerders deurentyd die geleentheid kry om kreatief en skeppend te wees.

Vakaktiwiteite:
Voedselvoorbereiding en opdiening. Vanaf graad 10 word diens gedoen in die opleidingsrestaurant waar alle fasette van restaurantbestuur aandag geniet soos bestuur, beplanning, koördinering en instandhouding.

Leerders word aan die einde van graad 12 ekstern in die kommersiële kombuis en restaurant geëvalueer. Om die vaardighede in die areas te bemeester moet leerder vanaf graad 10 tot 12 elke jaar 40 ure diens doen in die teenwoordigheid van vakpersoneel by die skool. Die ure kan opgebou word uit graad-restaurantaande en ander spyseniersfunksies by die skool.

Uitstappies word geskeduleer, sodat leerder se fundumentele kennis oor die vak verbreed. Sommige van die uitstappies vind na-skoolure plaas.

Beroepsmoontlikhede:
Die vak bied ‘n enorme verskeidenheid loopbaanuitdagings en werksgeleenthede. Loopbane soos banketbestuurder, Chef d’Cuisine, Maître d’Hotel, voedsel en drankbestuurders is maar ‘n paar voorbeelde van die uitdagende rigting.

 
Back to content | Back to main menu