Elektriese Tegnologie - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Elektriese Tegnologie

Akademie > Vakke

Waarom ‘n Tegno-akademiese rigting in Elektriese Tegnologie?

Die kans dat jy werk sal kry is baie groter met ‘n tegno-akademiese keuse. Hier word leerders vaardighede aangeleer deur die teorie met die praktyk te versoen. In Gr 8 en 9 neem die leerders TTP (Tegnies Teorie en Praktyk) waar hulle kennis maak met algemene tegniese vaardighede.

Elektriese Tegnologie  is ‘n wetenskap wat ondersoek instel na die bou, werking en samestelling van elektriese- en elektroniese stelsels en –beginsels in die teorie asook die gebruik daarvan en die toepassings in die praktyk.

Elektriese Tegnologie word vanaf Gr 10 tot 12 aangebied. Dit strek vanaf Basiese elektriese beginsels tot gevorderde elektroniese kringbane.

Doelstellings van die vak:
Om die leerders die nodige insig te verskaf in die fynere werking en beginsels van elektriese sisteme.
Om die leerders ‘n basiese begrip van die samestelling van stroombane te gee.
Om goeie beginsels vir Veiligheid en voorsorgmaatreëls te kweek.
Om belangstelling vir die tegniese milieu te kweek en toekomstige tegnici op te lei.
Om die leerders in staat te stel om die tegniese terminologie te verstaan en simbole te herken.
Om leerlinge te lei tot selfstandige en verantwoordelike vakleerlinge, ambagsmanne en ‘n bewame tegniese korps.


Sillabus
Gr 10 Gr 11 Gr 12
Basiese Elektrisiteit Elektromagnetisme Elektriese stroomteorie
Primêre en Sekondêre selle Gelykstroom motors Een- en Driefase stelsels
Veiligheidstoestelle Gelykstroom aansitters Een- en Driefase motors
Huishoudelike bedrading Gelykstroom opwekkers Een- en Driefase transformators
Meetinstrumente Elektriese stroomteorie Meetinstrumente(Swaarstroom)
Elementêre magnetisme Meetinstrumente Ossilloskoop
Eenvoudige Kringbane Transformators Baiese Elektronika
Basiese elektroniese komponente Eenvoudige Versterkers
Eenvoudige stroombane Eenvoudige stroombane

Beroepsmoontlikhede
Elektromeganikus (Millwright)
Elektro-mediese-tegnikus
Elektrisiën
Auto elektrisiën
Tegnici
Elektriese ingenieur
Telkom tegnici
Avion elektriese tegnikus (vliegtuie)

 
Back to content | Back to main menu