Dans - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Dans

Akademie > Vakke

DANS AS KEUSEVAK

Sedert 2003 word DANS, as keusevak, baie suksesvol aangebied by Hoërskool Zwartkop vir graad 8 tot 12 leerders

Oudisies: Gedurende Oktober vind daar oudisies plaas. Hierdie oudisie is verpligtend vir alle leerlinge wat die vak wil neem. Enige leerling (seun of dogter) wat die volgende jaar in graad 8 gaan wees, is welkom om die oudisies by te woon.

Spesiale vereistes: Let daarop dat 'n addisionele fooi maandeliks betaalbaar is aan die Hoërskool Zwartkop.

Die dansklasse bestaan uit vyf periodes per week gedurende normale skoolure en een periodes per week direk na skool.

Tydens hierdie periodes word die volgende behandel:
Teorie:
Dans-anatomie.
Dansgeskiedenis.
Gesondheidsorg van 'n danser.
Verhoog: Beplanning vir en van 'n toer, Verhooggrimering en kostumering.
Musiekkennis met betrekking tot dans.

Prakties:
Ballet
Jazz
Hip Hop
"Contemporary"
African (graad 10 - 12)

Eksamens in Ballet, Contemporary, Jazz en Hip hop word twee maal per jaar gedurende die normale skool-eksamens gedoen.

Die dansakademie bied ook gedurende die jaar verskeie items en optredes aan by die skool sowel as by ander instansies, soos byvoorbeeld die Paasspel, Mnr. en Mej. Zwarrie, kultuurweek en die revue. Leerers word ook die geleentheid gebied om aan kunswedstryde soos "Battle of the Giants" deel te neem - en sodoende in Pole en Duitsland te gaan deelneem.

Vir verdere inligting kontak gerus vir Jené Ryan by:
083 395 9459 of e-pos jenebadenhorst@yahoo.com
Of
Angie Gunn 082 963 1009 of e-pos justdancestudiosangie@gmail.com



 
Back to content | Back to main menu