Beraders - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Beraders

Zwarries

Hoërskool Zwartkop beskik oor ‘n gekwalifiseerde sielkundige, me. Marna Winter, met wie die leerders kan praat oor hulle probleme. Me. Winter is drie dae van die week by die skool en die diens word gratis aan die leerders beskikbaar gestel. Die leerders word gedurende skoolure uit die klas verskoon om in die privaatheid van haar kantoor met me. Winter te praat. Enige inligting wat met haar gedeel word, word as vertroulik beskou. Buiten die hantering van psigologiese probleme, help sy ook met loopbaanvoorligting.


By die skool is daar 24 leerders (graad nege tot twaalf) wat beraderswerk onder hulle maats doen. Hierdie leerders moet aansoek doen om beraders te word asook ’n keurings prosedure deurgaan voordat hulle die posisie kan beklee. Elke berader dra ’n balkie waaraan sy medeskoliere hom kan uitken. Om die gehalte van hulle hulpverlening te verseker én hulle te help om persoonlik te groei, word hulle deurentyd opgelei in fasette soos traumahantering en die hantering van gesinskrisse.


Me. Winter en die span beraders doen ook uitreik na mense in die gemeenskap wat nood ondervind. Voorbeelde hiervan is Pretoria Skool vir Serebraal Gestremdes, Phyllis Robertson Tehuis vir mense met gestremhede en Middestad Evangeliese sorg. Geestesgesondheidsweek word in Oktobermaand by die skool gevier. Vista Kliniek ondersteun me. Winter en die beraders hierin.


 
 
Back to content | Back to main menu