Atletiek - Hoërskool Zwartkop Webblad

Go to content

Main menu

Atletiek

Sport

Die geleenthede by Hoërskool Zwartkop is talryk en bied aan die gemiddelde en topatleet geleentheid tot deelname. Zwartkop beskik oor 'n goeie atletiekbaan met kunsaanlope vir verspring, hoogspring en spiesgooi. Zwartkop beskik oor puik afrigters in elke item, drie was self Springbokke op hulle dag.


Ons bied aan die begin van elke jaar 'n gr. 8 byeenkoms aan waar elke leerder die geleentheid kry om in alle items deel te neem. Die skool se atletiekspan geniet hoë aansien en baie uitnodigings na topbyeenkomste word ontvang. Zwartkop is dan ook die enigste skool in Centurion wat aan die P.U.K. Super 16 deelneem.

Ons neem elke jaar aan die volgende byeenkomste deel:
Jakaranda Prestige Interhoër
Clover Top 10 byeenkoms
Sewe vriendskaplike byeenkomste
P.U.K. Super 16
Pta Technikon Top 12
Elardus Erasmus Top 10
Bloemfontein Uitnodigingsbyeenkoms


 
Back to content | Back to main menu